{ Vat 'n Gap }

Die Boek

In Londen sal sy kan vlug van alles, glo rykmansdogter-fashionista Jaz Coetsee. Veral van die goed wat sy wil vergeet. Fashion is haar ding, maar beslis nié skottelgoedwas in bars en loodgrys lug nie. Boonop is haar woonstelmaats nie juis waaraan sy gewoond is nie. Die flambojante Kaapse Frank staan reg om haar te help werk kry, maar watwou sal sy wat Jaz is nou waitress speel? En Annika is alte preuts - sy nooi Jaz dan glad saam na haar selgroepie!

Maar nou is dit waar dat die fabulous werk in fashion nie lyk of dit gaan gebeur nie, en boonop het Pa Coetsee se geldfonteintjie opgedroog. Kinders oppas? Jaz moet dit maar 'n go gee, en die liewe klein Lily wat sy so ontmoet is 'n deel van Jaz se ontwaking tot wie sy eintlik wil wees. Haar gap-jaar word 'n tyd van leer: wat sy wil doen met haar lewe, hoe om op haar eie voete te staan - al is dit gillend en skreeuend - en uiteindelik ook wat 'n mens aan ander mense het. Allerlei soorte mense, ook die sexy Brendan...

Die Skrywer

Jana du Plessis is gebore in Bellville Rock City in 1980. Sy wil haar lewe lank al by die see bly, wit rokkies dra en boeke skryf. Bedags gee sy klas vir über-cool studente en werk as vryskut-kopieskrywer en snags skaaf sy aan haar skryfwerk.

Sy is 'n rock-chick in murg en been en vat 'n gap as sy hom sien, of dit nou is om te travel, interessante mense te ontmoet of sommer net om laat te slaap. Haar familie en vriende is haar alles, want sonder hulle sou sy nie stories gehad het om te vertel nie. Sy woon en werk tans in Kaapstad.
 

Kry Jou Eie Kopie

Praat Saam

Kyk Die Lokprent

Resensies

Sarie.com - As jy van mode, suksesverhale met hope inspirasie en 'n tikkie romanse hou, is hierdie boek uit die pen van Jana du Plessis, 'n vryskut-kopieskrywer en joernalis van Johannesburg, 'n moet-lees vir jou! Lees aan...

HuisGenoot.com - Jana du Plessis se heerlike debuut gaan baie bekend klink vir al die Saffas wat al in Londen gaan werk het. Lees aan...

LitNet.co.za - Karakterisering van plekke en mense is puik. Dis 'n storielyn wat raakvat, boei en inspireer. Lees aan...

Beeld.com - Du Plessis betrek verskeie universele migrantekwessies, maar dit is veral haar moderne en vloeiende skryfstyl wat dié debuut so lekker laat lees. Lees aan...

© Copyright 2011. All Right Reserved. Vat 'n Gap